4 maande gelede
Mej. SA-finalis wil graag verskil maak
local girl: Chuma Matsaluka se hart klop warm vir haar gemeenskap. Foto: twitter  ~ 

SY IS in die gevaarlike strate van Nyanga gebore en getoë. Indien sy op Vrouedag as Mej. Suid-Afrika gekroon word, sal sy haar platform gebruik om misdaad te bestry.

Die 21-jarige student Chuma Ma­tsaluka, een van die 16 finaliste vir Mej. SA 2019, het dié week in die show Afternoon Express gepraat oor watter verskil sy in haar gemeenskap wil maak.

Sy het aan die aanbieder, Jeannie D, vertel hoe sy ’n beacon van hope vir haar gemeenskap wil wees. Dit het haar aangemoedig om aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie deel te neem.

Jeannie wys uit dat die antropologie-student nie net ’n mooi gesig is nie, maar reeds ’n verskil in haar omgewing maak.

Chuma sê omdat sy in Nyanga grootgeword het, ken sy van uitdagings. Daarom samel sy boeke in vir ’n skool in Khayelitsha.

“Wanneer ek die boeke gaan aflewer, bestee ek tyd saam met die kinders en lees vir hulle en motiveer hulle.

“Ek wil ’n verandering sien en ek weet as jy ’n verandering wil sien, moet jy gewoonlik by jouself begin.

“Ek is lief vir liefdadigheidswerk en ek wil aan kinders wys dat waarvandaan jy kom, nie jou toekoms hoef te belemmer nie,” sê sy.

  • Mej. SA word op 9 Augustus gekroon op ’n posh seremonie by die Sun Arena, Time Square, Pretoria.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters