Verlede maand
Meisies glad nie skaam om vroeg al vir vonke te sorg
PUCKER: Qiniso van Damme en Mark Bucker soen op ’n strand in Durban.  ~ Foto Verskaf

DAAR was dié week groot sports op The Bachelor SA!

Ons het ons heel eerste vry­sessie gesien en die meisies se katnaels het behoorlik gewys.

Die meisies was eers nie geïntimideer deur die model Qiniso van Damme nie – totdat die aantreklike bachelor Marc Buckner haar op ’n one-on-one date gevat het.

Dit was die eerste out-of-town date en die tweetjies het by uShaka Marine World in Durban gaan shark cage dive. Op die date het die krulkop gou-gou Marc se guns gewen en sommer seker gemaak sy is die eerste girl wat aan sy lippe hang.

Toe Qiniso van die date af terugkom, was die meisies groen van jaloesie omdat sy ’n roos by Marc gekry het.

Koebaai

Rikki Brest het ook ’n one-on-one date gescore en met ’n roos huis toe gekom.

Dan is daar die twee wat tydens die roosseremonie nie ’n roos by die bachelor gekry het nie.

Ons moes toe ongelukkig koebaai sê vir die spicy soldaat-prokureur, Tamryn Muller, en die platinumblondine Greta Sher.

Ek weet dié week gaan daar selfs meer drama wees.

Eintlik hoop ek Bridget Marshall en Nolo Moloi raak weer in ’n bekgeveg betrokke.

Laat ons op ons sosiale­mediablaaie weet wie jou gunsteling-meisie in die Bach­elor-huis is.

  • Seisoen 2 van The Bach­elor SA word Donderdae 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters