Verlede maand
Marc gaan ’n draai maak by vier meisies se huise

DONDERDAGAAND moes ons koebaai sê vir twee meisie – Mulesa en Qiniso – op The Bachelor SA.

Die aantreklike bachelor Marc Buckner het besluit watter vier meisies hy genoeg like om hul families te ontmoet.

Die vier gelukkige meisies by wie se huis en families Marc volgende week gaan inloer, is gawe Gillian, jaloerse Jessica R, bekkige Bridget en die mooie Marisia.

Dit was vir my ’n bittersoet oomblik toe Qiniso, die model en meesterstudent van die Kaap, en Mulesa, die menseregteprokureur van Oos-Londen, huis toe gestuur is. In my hart weet ek nie een van die twee is die geskikte maat vir Marc nie, maar dit sou lekker gewees het as Marc eerder by hulle tuisdorpe ingeloer het.

Ek hoop maar hierdie home visits na Bridget in die Kaap, Gillian in Johannesburg, Jessica ook in die Kaap en Marisia in Klerksdorp gaan ons as kykers lekker vermaak.

Ek weet Bridget se besoek gaan vol pret wees, want dié reisagent sê ’n ding nes dit is.

Wen

Ek wonder oor die baasspelerige Jessica en die stille Marisia. Ek hoop hulle bring darem so ’n bietjie spice, siende dat al die spicy dames alreeds huis toe is.

Wie dink jy gaan Marc se hart eindelik wen? Laat weet ons in ons sosiale media. 

spesiaal: Marc Buckner het Gillian verras met ’n pragtige hangertjie.
koebaai: Mulesa, die prokureur, is ook huis toe gestuur.
tatta: Ons moes dié week koebaai sê vir die beeldskone model en aktrise Qiniso van Damme. foto’s verskaf
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters