3 maande gelede
Marawa is sy job kwyt
afgedank: Robert Marawa sê hy sal die waarheid uitlap oor wat by SuperSport aangaan.foto verskaf  ~ 

ROBERT Marawa is bereid om met sy lewe te betaal vir die waarheid oor seksuele teistering by sy voormalige werkgewer SuperSport.

Marawa is Donderdagaand sommer met ’n selfoonboodskap in die pad gesteek. Hy moes nog sy bekende show, Thursday Night Live ... with Marawa, op kanaal 204 gaan aanbied.

Volgens SuperSport is daar niks sinisters rondom Marawa se afdanking nie. Hy is net vroeër die week ingelig sy kontrak sal nie hernu word nie.

Maar op Twitter gons dit omtrent oor ’n diknek by SuperSport wat sy mag gebruik om by jong vroue te slaap.

Robert het in ’n reeks Twitter-boodskappe gesê hy gaan die waarheid oor die hele gedoente uitlap – al kan dit hom sy lewe kos.

In sy eerste twiet het hy laat hoor hy is gefire: “Ek het vanaand 18:50 (Donderdagaand) ’n boodskap gekry wat sê ek moenie nog moeite maak om in te kom studio toe om die Thursday Night Live show op @SuperSportTV te doen nie.

“Ek wil almal bedank wat my in my loopbaan as sportscaster ondersteun het en diegene saam met wie ek by SuperSport gewerk het.”

Hoewel SuperSport beweer hy is besig met ’n revamp van die kanaal, sê Robert hy is óp van die seksuele teistering teen junior vroue. Die legendariese sportaanbieder sê die waarheid gaan sy lewe kos.

Rob, praat uit, ons verdien niks minder as die waarheid nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters