2 maande gelede
Mamma Khloé wil nog saam Tristan paartie
desperaat? Khloé Kardashian wil Tristan Thompson, haar joller-eks, graag by hul dogter se eerste verjaardag hê. foto verskaf  ~ 

KOKO kan net nie wegbly van haar sluwe serial cheater van ’n baby daddy nie!

Khloé Kardashian dink daaraan om Tristan Thompson steeds te betrek by hul dogtertjie, True, se eerste verjaardagpartytjie, hoewel hy haar verskeie kere verneuk het.

The Juice berig ’n ingeligte bron na aan die Kardashians, het gesê Koko wil baie graag hê haar joller-eks moet in April by dié paartie wees.

’n Mens kan dink die skuif om die baksetball-speler na hul dogter se paartie te nooi, is ’n slegte idee, maar die bron meen Koko is vasbeslote om seker te maak dat kleine True die ondersteuning van albei haar ouers het.

“Sy is baie goed daarmee om dinge apart van mekaar te hou, en aan die einde van die dag wil sy hê dat True ’n gelukkige verhouding met albei haar ouers moet geniet.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters