24 dae gelede
Maak ’n draai by Suidoosterfees
aktrise: Shaleen Surtie-Richards speel ’n skitterende rol in die teaterstuk Fiela se Kind (Die rolprent).foto verskaf  ~ 

AS JY nog nie ’n show by die Suidoosterfees by die Kunstekaapteater gaan kyk het nie, is dit nog nie te laat nie.

Die fees het Donderdag begin en hou aan tot 1 Mei.

Hier is van die shows wat jy nog kan gaan uitcheck.

  • Shaleen Surtie-Richards speel ’n skitterende rol in die teaterstuk Fiela se Kind (Die rolprent).

Die teaterstuk handel oor Elias van Rooyen en sy vrou, Barta, wie se driejarige Lukas vermis raak. Die raaisel of Benjamin en Lukas dieselfde kind is, moet opgelos word. Jy kan die show vandag 17:00 gaan kyk. Kaartjies kos R80 elk.

Verdeeld

  • Nog ’n show wat jy nie moet misloop nie, is Klippies van die Grond. Die teaterstuk gaan oor ’n jong man wat ’n misdaad pleeg terwyl hy onder die invloed van dwelms is.

Die produksie volg sy hofsaak sowel as die intieme en belangrike gesprekke wat op straat plaasvind. Lede van die gemeenskap is verdeeld tussen die behoefte aan ’n feller vonnis en die behoefte aan rehabilitasie.

Carlo Daniels speel in die teaterstuk.

Jy kan die show Dinsdag 20:00 gaan kyk. Kaartjies kos R95 elk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters