Verlede maand
Maak gou om Cardi te sien
Mzansi toe: Cardi B gaan in Julie in Suid-Afrika optree.  ~ Getty images

JULLE, ek is nie oukei nie – Cardi B is op pad na Mzansi.

Jip, Castle Lite bring die Amerikaanse rapper na Suid-Afrika as die headline act vir sy event Castle Lite Unlocks.

Castle Lite het Donderdagaand aangekondig Cardi is sy groot verrassing.

Ek het julle mos in die week gewaarsku om kaartjies na die grootste hip-hop-fees in Suid-Afrika te koop, want die kaartjieprys het begin by R50 en elke halfuur gestyg met ’n R50.

Ek hoop daar is van julle wat tog julle hande op die early bird-kaartjies gekry het, want julle sal nog moet spaar vir ’n vliegtuigkaartjie ook.

Sien, die hip-hop-fees vind op 12 Julie daar doer ver by die Ticketpro Dome in Johannesburg plaas.

Dié event is reeds in sy tiende bestaansjaar en hulle het nou al vir ons van die beste talent gebring – kunstenaars soos Drake, J. Cole, Chance the Rapper, Kanye West, Travis Scott, Post Malone en Meek Mill.

Volgens die brand wil hy met sy tiende verjaardag ’n groter bydrae tot hip-hop in Afrika maak.

Castle Lite se brand director, Silke Bucker, sê: “Nie net is ons trots daarop dat ons die markleier in bier is nie, ons is ook trots op ons toewyding daaraan om ’n positiewe bydrae tot die hip-hop-kultuur in Afrika te maak.

“Ons is uiters opgewonde om aan te kondig Cardi B gaan vanjaar se headliner wees.”

Vir diegene wat vaak pies geëet en uitgemis het op die early bird-kaartjies, moet julle nou R690 uit die sak haal om general kaartjies te koop en dis R990 vir ’n golden circle-kaartjie. Kaartjies is by castlelite.co.za beskikbaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters