2 maande gelede
Ma sit ‘kris’in krismis
Kim Kardashian se Krismispaartie laas jaar was glo te ekstra.  ~ Getty images

KIMMY se bestie is baie lief vir haar, maar hy dink nie sy moet vanjaar weer die jaarlikse Kardashian-Krismis-paartie host nie.

Kan julle laas jaar se helse sneeupaartie by Kim (39) en Kanye West (42) se huis onthou?

Wel, Jonathan Cheban (45) dink sy bestie se Krismis-paartie was te over the top. Hy hoop Kris Jenner (64), die Kardashian-matriarg, sal vanjaar weer beheer oorvat en die paartie by haar pozzie hou.

“Ek dink die paartie moet teruggaan na Kris se huis. Dit móét net by haar huis wees.

Hotdogs

“Ek is jammer. Ek is net ’n man van roetine. Ja, Kim gaan over the top en dit sneeu en dis dit, maar weet jy wat? By Kris se huis weet ons presies waarvoor ons ons inlaat.

“Ek weet die ding met die fried hotdogs gaan daar wees. Ek weet die takbok gaan daar wees.”

Jonathan wou egter nie aan E! sê wat die Krismis-paartieplanne is nie. Hy het wel gesê: “Ek weet wat dié jaar gaan gebeur ... Ek wil nie sê nie, want ek wil nie hê hulle moet die uitnodiging terugtrek nie. Ek wil aan die goeie kant wees. Ek wil nie hê my naam moet op die bad list wees nie. Ek is nie stout nie, Kris.”

Ek dink daai was die groot hint dat die Krismis-paartie tog by Kris se huis gaan wees ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters