4 maande gelede
Luna lus nie vir pose
SKAAM: Chrissy Teigen sê Luna, haar dogtertjie, like nie van foto’s nie.  ~ Getty Images

HAAR mammie is ’n model en TV-persoonlikheid en haar derra is ’n superster, maar sy like niks van foto’s nie.

John Legend se vrou, Chrissy Teigen, het gekla dat sy hulle driejarige dogter, Luna, moet omkoop om te pose vir ’n foto.

Die mammie van twee vertel aan E! haar kleintjie hou nie daarvan dat mense foto’s van haar vat nie.

Chrissy laat hoor: “Sy haat beslis foto’s, die paparazzi, enige iets.

“Alles wat jy van haar op my Instagram sien, doen sy vir ’n quarter (25 c) en ’n Sour Patch Kid.”

Dis nogal refreshing om te hoor dat kleine Luna nie so mal oor die kamera is nie.

Kyk maar nou net Kim Kardashian se kleintjies. Sodra die kameras flits, dan pose Saint, haar seuntjie, soos iemand wat daarvoor betaal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters