18 dae gelede
Luna gee outjie ’n stamp
Chrissy Teigen is ’n mammie en sy is steeds baie sexy.Foto: getty images  ~ 

MOENIE met klein Luna Simone Stephens mors nie, hoor!

Chrissy Teigen en John Legend se telgie is nog kwalik twee jaar oud, maar sy het sommer op dag een al vir haar nuwe kleuterskoolmaatjies gewys wie’s baas, berig E Online.

Die glanspaartjie se reeds beroemde eersteling is dié week crèche toe. Toe sy by die huis aankom, was Chrissy dadelik by met haar selfoon om te vra hoe die eerste dag was.

In die video op Chrissy se Instagram lieg Luna: “Ek het op my voorkop geval.”

Maar Chrissy val nie vir dié flou kaart nie, want die voorkop-vallery was ’n ruk terug in Bali.

Toe kom Luna uit daarmee dat sy ’n seuntjie onderstebo gestamp het.

Fans het natuurlik dadelik begin gat maak hieroor.

“Ek haat dit as my kinders net onthou wat in Bali gebeur het,” sê een sarkasties.

Maar Chrissy is mos ’n sport en sy laat weet: “Ek weet, ek het soos ’n skaap gevoel toe ek dit sê!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters