21 dae gelede
Lumo is dié winter trend
staan uit: Sal jy so braaf soos Blake Lively wees en uitgaan in ’n all lumo outfit? foto verskaf  ~ 

DIE mode-wagwoord vir hierdie winter is “lumo”. Meer spesifiek – neon-groen.

Ek weet van julle lig nou die wenkbroue, want dit is darem ’n bietjie te bright, nè?

Voordat jy die idee heeltemal afskryf, hoor gou ’n bietjie hier ...

As jy skrikkerig is vir dié helder kleur kan jy dit altyd afwissel met ’n neutrale kleur soos swart.

Of jy kan altyd vir jou bykomstighede soos ’n klein lumo handsakkie, ’n dun belt of sjiek, lumo oorbelle aanskaf.

Jy sal sien die Kardashians, veral Kim en Kylie Jenner, is mal oor die trend en hulle is twee van die voorste trendsetters wanneer dit by modes kom.

Sal jy jou inner Kardashian laat uitkom en ook uitstaan in die lumo trend?

windbreaker: Bly warm en in die mode met die baadjie van Edgars teen R399,95. Foto: cosmopolitan.com
SEXY: Dié leggings met die lumo-groen slangvel-patroon teen die kant af kan jy by Edgars kry teen R199,95. Foto: cosmopolitan.com
hoog op: Wat van ’n hoëkraag-trui by Edgars teen R199,95? Foto:cosmopolitan.com
KYK NET! Kim Kardashian is voor in die koor wanneer dit by die lumo-groen trend kom.foto verskaf
Op Koers: Bly trendy in dié lumo-groen trui van mrp.com teen R119.Foto: mrp.com
warm: Dié mussie is by mrp.com te kry teen R59,99. Foto: mrp.com
wyd: Hierdie A-line skirt kan jy by mrp.com koop vir R70. Foto: mrp.com
klein detail: Kry ’n slangvel-handsakkie in lumo-groen vir R80 by mrp.com. Foto: mrp.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters