25 dae gelede
Lucky Lamar eindelik van coke na coke zero
wonderwerk: Lamar Odom het by die dood omgedraai.Foto: getty images  ~ 

LAMAR Odom is net bly om te leef.

Die afgetrede basketbal-ster het in Oktober 2015 in Nevada, Amerika, op ’n booze en drug binge gegaan en in ’n bordeel inmekaargesak.

Dit het later uitgekom hy was so vol kokaïen, sy liggaam het in skok gegaan.

Lamar, wat ’n paar dae in ’n koma was, het in ’n onderhoud op Kevin Hart se YouTube show, Cold As Balls, vertel hoe naby aan die dood hy was.

“Die dokters wat my gesien het, het gesê dis ’n wonderwerk dat ek leef. Ek het 12 beroertes en 6 hartaanvalle gehad terwyl ek in die koma was.”

Sy niere is beskadig en hy was lank gekoppel aan ’n masjien om hom lewend te hou.

Dié hospitaalnagmerrie het hom daarna reguit rehab toe gescare.

Toe hy gevra is, of hy oor die drugs is, het hy geantwoord: “Jis, great, ek is elke dag lewend.” – Bang Showbiz

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters