2 maande gelede
Lofprys saam
aandag: Die brigade se meisies konsentreer hard.  ~ 

DIE jeugbrigade van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) in Scotts­dene wil vanmiddag in sy gospel explosion concert die Here loof en prys.

Chris Williams het dié orkes in 1997 gestig. Hy is intussen oorlede. Dit was sy begeerte om die jeug van die straat af te hou en hulle geestelik op te bou vir die werk van die Here.

Kaptein Elvin Conradie, wat tans by die brigade betrokke is, sê hulle is opgewonde oor die groei van die groep.

“Ons het 160 lede en almal wil ’n positiewe bydrae maak.

Uitgereik

“Ons wil die erfenis van wyle kaptein Williams laat voortleef. Ons is diep dankbaar teenoor die Here, want dis alles net deur sy genade.”

Die brigade oefen Maandae by die kerk in Scottsdene.

Carlo Fransman is een van die gaskunstenaars wat in die gospel explo­sion gaan optree. Fransman het onlangs die single “What You Did” uitgereik.

Die konsert begin 16:00. Dit word by die VGK gehou en is gratis.

Ander gaskunstenaars wat gaan optree, is Christiaan de Vaal, Andrea Visagie, Swiff D en Mr K.

  • As jy nog inligting soek, bel Conradie gerus by 076 906 8399.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters