29 dae gelede
Line-up vir free show vol sterre
Die gospelsanger Loyiso Bala
Inspireer: Die gospelsanger Loyiso Bala tree ook vanaand op.  ~ Verskaf

ASHTON, maak julle gereed vir ’n geseënde aand.

The Jesus Collective (TJC) maak vandag in julle dorp ’n draai om die blye boodskap deur lofprysing en aanbidding oor te dra. 

Dié groep gospelsangers besoek vanjaar talle plekke in die land om die Woord van die Here te versprei.

Hilton Petersen, die stigter van TJC, is hoeka oorspronklik van Ashton.

Petersen sê: “Dis die jaar van oorvloed en ’n bewys van God se grootheid.

“Die antwoord vir die land se probleme is gebed. “Nou is die tyd dat ons moet hande vat, saamstaan en in eenheid die Here vertrou om ons pragtige land te genees.”

Die gemeenskap word hartlik uitgenooi, want ná ’n ontmoeting met die Here is jou lewe nooit weer dieselfde nie. 

TJC bied vandag 17:30 die show Rugby for Jesus in die gemeenskapsaal aan.

Toegang is gratis. Die gaskunstenaars wat gaan optree, is Loyiso Bala, Ernie Smith, David J, Spencer J. Kennedy, Hle Ntobela, Heinz Winckler, Byron Levi, Varonica Meyer en Don Vino.

As jy nog inligting wil hê, kontak Nico by 076 634 1492.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters