20 dae gelede
Lesley-Ann gooi ’n Kaapse draai
ons Home girl: Lesley-Ann Brandt was ’n week lank in Kaapstad. Foto: getty images  ~ 

MZANSI se eie badass aktrise het ’n wonderlike tyd hier in haar tuisstad, Kaapstad, gehad.

Ek het ’n bietjie op Lesley-Ann Brandt se Instagram gaan kyk wat sy die paar dae gedoen het terwyl sy hier was.

Lesley-Ann, wat die rol van die hardegat Maze in die gewilde TV-reeks Lucifer speel, is baie lief vir Tafelberg. Sy het eerste ’n foto gevat met “haar” Tafelberg op die agtergrond.

Sy het natuurlik met haar familie uitgehang.

Dan het sy ook tyd met renosters spandeer vir die projek Saving Survivors, wat help om beseerde diere – die slagoffers van poachers – gesond te maak.

Die aktrise het haar ook verlustig aan ’n koppie heerlike rooibostee wat sy natuurlik ook net hier in Suid-Afrika kan kry.

Sy het ook kinderharte bly gemaak toe sy ’n draai gaan gooi het by die Laerskool Levana vir die projek Earth Child.

Die aktrise het Donderdag ’n video op Instagram gelaai waar sy met ’n hele boks samoesas in die hand dans op die musiek van local street performers in die V&A Waterfront.

Sy het nog so lekker gedans, toe kom die seemeeue, oftewel “seagull gangsters”, soos sy hulle in haar caption gedoop het, om haar lekke’ samoesas te probeer steel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters