Verlede maand
Lekker geselligheid vir liefdadigheid
ons luister: Hanri van Wyk (links) en Samantha Hendricks is die stigters van die H+S Group..  ~ 

DAAR kom ’n tyd in elkeen se lewe wanneer ’n mens die vrugte sal pluk van jou harde werk en dit ook moet vier.

So vertel die stigters van die H+S Group, Samantha Hendricks en Hanri van Wyk.

Hulle voer nou ’n veldtog, #Your Story2019.

Hendricks sê: “Ons wil hê mense moet hul eie storie vertel en daardeur ander hoop gee.

“Jy is gebore met ’n spesifieke doel op die aarde en stap jou eie pad.

“Dis vir ons so ’n groot vreugde om te sien wanneer jou drome en harde werk ’n werklikheid word.

“Dis hoekom ons mense in die gemeenskappe wil inspireer en hulle­ graag wil bemagtig.”

H+S hou op 14 September ’n event op die Nederburg-wynlandgoed om fondse in te samel.

Die begunstigde is die Cornal Hendricks Foundation, wat twee organisasies, Mama Themba Initiative en Qhubeka Charity, bystaan.

Afshow

Mi Casa se frontman, J’Some­thing, is die programhoof. Die musikante is Anders, Amy Jones en Mariechan.

Die fashion designer Stephen van Eeden sal van sy uitrustings afshow.

Die dress code is streng formeel. Die event begin 17:00. Toegang kos R750. Dit sluit ’n four-course-ete in.

  • Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na bookings@hsgroup.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters