2 maande gelede
Launch beloof groot pret vandag
INSPIREER: Die gospelsanger evangelis Joseph Bergh reik vandag sy nuwe album uit.FOTOVERSKAF  ~ 

JOSEPH Bergh, ’n gospelsanger van Kraaifontein, se beker loop oor van lof en dankbaarheid.

Bergh launch vanaand sy nuwe CD by Jubilee Life Ministries in Parow. Hy sê as dit nie vir die Here was wat hom gedra het nie, sou hy nie vandag so ver gekom het nie.

Hy sê hy moes tyd in die Here se teenwoordigheid deurbring en liedere skryf wat mense se lewens aanraak.

“Daar is sekere battles wat jy nie op jou eie kan veg nie. In gebed lê jou oorwinning.

“As jy die Here eerste in jou lewe stel, sal ál die ander dinge vir jou bygevoeg word.

“Wat help dit jy wen die hele wêreld en jou siel ly skade? Ek het kom leer en laat alles aan die Here oor – en op die regte tyd stuur Hy die uitkoms.”

Bergh is opgewonde oor sy nuutste album, God Kept Me.

“Dit was vir my so ’n groot voorreg om met die producer Brynne Joshua Bailey te werk.

“Die Here het ons almal unieke gawes gegee, so wees net jouself en stap in jou gehoorsaamheid,” sê Bergh.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters