2 maande gelede
Lagspiere jol
Skreeusnaaks: Die funny guys Jason Goliath, Nicholas Goliath en Donovan Goliath gaan jou laat skaterlag. foto verskaf  ~ 

KOM lag jou vandag klaar vir die Comedy Sundowners show in die GrandWest-casino.

Drie van Suid-Afrika se bekendste komediante, Jason Goliath, Nicholas Goliath en Donovan Goliath­, kom al die pad van Johannesburg om ons Kapenaars te laat lag in die Hanover Street-klub in GrandWest.

Twee local favourites, Liam Bento en Altaaf Sayed, sal die stage met die Goliaths deel.

Elouise Matthys, PR en promotions manager by GrandWest, beloof hierdie event gaan jou laat skaterlag.

“Hierdie is ’n lekker manier om te ontspan en hope pret te hê aan die einde van die week,” reken Matthys.

En jy hoef nie te stres nie, want jy kan sommer by die deur betaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters