3 maande gelede
Kylie word 22 en vele gis oor rok
Dis ’n jol: Travis Scott en Kylie Jenner gaan nie trou nie.Foto: Getty Images  ~ 

KYLIE Jenner het op ’n vliegtuig geklim op pad na haar verjaardag-paartie – en ’n interessante stuk bagasie het uitgehang.

’n Trourok. En jô, was die tonge los daaroor ...

Sy was op die Van Nuys Airport in Kalifornië en ’n mens kon die wit trourok sien.

’n Werker was besig om dit op die vliegtuig te laai.

In die werker se ander hand was iets soos ’n pak klere, moontlik ’n tux.

Kylie vier haar 22ste verjaardag en volgens TMZ was sy op pad Italië toe.

Haar berk, Travis Scott, was saam met haar op die vliegtuig.

Mense het onmiddellik aangeneem die mooie Kylie en Travis gaan trou, maar volgens ’n bron na aan die couple is dit nie so nie.

Entertainment Tonight het met die bron gepraat.

“Sy is op pad Italië toe vir haar verjaardag. Sy gaan beslis nie op die trip trou nie.”

Kylie het ’n seiljag gehuur waarop die paartie gehou gaan word. – elle­.com­­

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters