20 dae gelede
Kry 'n taste van die Groot Appel
oppie loopplank: Die Suid-Afrikaanse model Shirvorne Reent-Bruder tydens haar eerste verskyning vanjaar op die runway by die New Yorkse Modeweek.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

AS JY nog altyd gehoop het om ’n New Yorkse modeskou by te woon, hoef jy nie meer te droom nie.

Die ouens van Red Carpet Creative, in samewerking met Prestige Runway Project, bring die New York-loopplank na Kaapstad!

Op dié exciting aand gaan ’n paar uitgesoekte haute couture-ontwerpers van die Big Apple hulle asem­rowende skeppings hier kom wys.

Jade Allen van Red Carpet Creative sê dit is beslis die een fashion event dié wat ’n mens nie durf misloop nie.

“Ons is opgewonde oor hierdie mind-blowing collab tussen Suid-Afrika en New York. Dit steek grense oor en breek boundaries.

“Ons lig die gordyn en onthul die beste van die wêreld se culture capitals.”

Die fashion show word Vrydag 11 Oktober by die Cape Town Marriott Hotel Crystal Towers in Century City aangebied. Die verrigtinge begin 19:00.

Kaartjiepryse begin by R495. Dit sluit kos, beauty bars en cocktails in. VIP-kaartjies kos R780. Jy kan ook uitsien na lekker giveaways en live entertainment op die aand.

Agterna sal ’n groot opskop gehou word. Kaartjies vir die after-paartie kos R1 400 per persoon wat deel. Dit sluit ’n nag in die larney hotel in, plus ontbyt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters