Verlede maand
Konsert vier talent,skoonheid van Karoo
Gellyblik: Naaim Briesies is Prins Albert se gewildste gospel-rapper.foto verskaf  ~ 

DIE Karoodorp Prins Albert is hard besig om gereed te maak vir die musiekkonsert Us4Us.

Dit word komende Saterdag in die Familiepark in die woonbuurt Rondomskrik gehou.

Die hooforganiseerder, Ingrid Wolfaardt, sê die event bied entertainment vir almal aan.

Wolfaardt, van die Prince Albert Community Trust, voeg by daar sal 50 optredes wees. Dit sal plaaslike talent en genooide gaste insluit.

Sy vertel opgewonde: “Dié gemeenskap is die eienaars van die konsert.

Pad

“Altesaam 16 plaaslike organisasies het ’n jaar lank beplan om alles gereed te kry.

“Die bekende musiekgroep The Rockets kom ook al die pad uit die Kaap en is die main act.

“Daarby het die Afrikaanse rapper Die Hooflig ook sy teenwoordigheid bevestig.

“Dit gaan beslis exciting wees, want dit gaan ’n celebration wees van die skoonheid, talent en kultuur van die Karoo.”

’n Massakoor bestaande uit leerders van plaaslike skole, plaaslike bands soos die gewilde Zig-Zag en Slam Jam, Rieldansers, Corbyn Pienaar se Hip Hop Crew en plaas­like rappers gaan ook optree.

Naaim Briesies, a.k.a. Gellyblik, die dorp se gewildste gospel-rapper en musiek-vervaardiger, gaan ook sy ding doen.

Daar gaan stalletjies met eetgoed wees, sowel as kunsstalletjies.

Uitsaai

Eastern Accoustics bou die verhoog reeds van Woensdag. Vir die eerste keer ooit gaan ’n reuse-LED-skerm in die Familiepark opgesit word.

Volgens Wolfaardt is die konsert kindervriendelik.

Die dag begin 10:30 by die Agri-mark met ’n aftog na die Familiepark.

Die eerste drie uur is meesal net kinder-optredes. Die aandkonsert begin 16:00 en Radio Gamka, ’n local radiostasie, sal die event regstreeks uitsaai.

  • Vir navrae, bel Tarien Odendaal by 083 631 2904 of Waldon Ewerts by 064 893 8728. Stuur e-pos aan ingrid@ pact.co.za vir ’n volledige program.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters