Verlede maand
Kom lag lekker saam met ‘Celebrity Game Night’ se skreeusnaakse lot
VET PRET: Vanaand skop die show Celebrity Game Night af met die host Anele Mdoda en die spankapteins Ayanda Thabethe en Jason Goliath.  ~ Foto Verskaf

VANAAND skop my favourite plaaslike game show, Celebrity Game Night, se tweede seisoen af.

Julle, ek is mal oor dié show. Nie oor die content nie, maar oor ek my klaar lag vir hoe dom sommige celebs eintlik is.

En soms is die host van die show snaaks. In dié geval is dit natuurlik Anele Mdoda. En sy ís snaaks. Ek rol gereeld my oë vir die simpel goed wat die pragtige Ayanda Thabethe sê. Sy is die een spankaptein. Die ander spankaptein is die grapjas Jason Goliath. Hy is skreeusnaaks en ek breek my vir hom.

Elke week gooi ses celebs ’n draai op die show en hulle word in spanne van drie gedeel. Die twee spanne spook sake dan uit in games wat jou algemene kennis toets, alles terwyl hulle drankies drink en ’n live band in die agtergrond speel.

Onkonvensioneel, ja, maar steeds vet pret ... veral as jy hoor watse snert die celebs kwytraak.

Wat ek eintlik probeer sê, is dis vet pret. Die tweede reeks begin vanaand 21:00 op E! (DStv-kanaal 124). Kyk dit gerus net ná Keeping Up with the Kardashians.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters