13 dae gelede
Kom kuier saam in die kalahari
stiek yt! Eibib Koopman nooi almal uit na die kultuurfees in die Kalahari. Foto: Gregory Noble  ~ 

KOM vier ons kultuur! Dit is ons trots en so eie aan ons!

Só sê Eibib Koopman, organiseerder van die eerste Namxisib-kultuurfees. Koopman het al die pad van die Kalahari af by Son op Sondag kom inloer.

“Ons is baie opgewonde oor die fees en ek kan julle belowe daar gaan behoorlik gedans en gesmul word aan heerlike tradisionele disse eie aan ons kultuur,” noem hy.

Die hoogtepunt van die fees is die uitreiking van ’n spesiale boek oor die Khoisan-taal. Die boek is geskryf deur Ouma Katrina Esau van die Kalahari.

Bosberaad

Op die fees vind daar ook ’n herdenking van die Khoisan-leier Dawid Kruiper van die Kalahari plaas.

Daar sal ook ’n bosberaad gehou word oor die Khoisan se pad vorentoe.

Quinton Adams van The Shackbuilder sal ook by die fees wees om die huis van oupa Dawid Kruiper te help restoureer.

Die Namxisib-kultuurfees vind op 24 September op die Brosdoringplaas in Andries­vale in die Kalahari plaas.

Dit begin reeds 08:00 en hou tot laat aan. Toegang is gratis.

Verskeie tradisionele dans- en sanggroepe sal optree.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters