29 dae gelede
Ko’ sing lekke’ saam
mooi: Die gospelsangeres Charisma Hanekam gaan optree­. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Sonstraaltjie-omgeegroep van Belhar gaan ’n lekker gospel-karaokeaand hou.

“Ons gaan uitreik in die gemeenskap van Wuppertal,” vertel die organiseerder, Helena Goliath, “waar vele families hul besittings onlangs verloor het weens die brande.

“Die behoeftes is groot in dié gemeenskap, maar as ons hande vat, kan ons die verskil wees.

“Ons beplan om klere, kospakkies en boumateriaal te voorsien waar die nood groot is.”

Die Fundraising Praise Evening vind vanaand in die Volle Evangelie-kerk in Elsiesrivier plaas.

Die gaskunstenaars is Charisma Hanekam, Lorenzo Forsyth, Jessie Lottering, Ravy Boys, Ceejay Petersen en ander.

Die toegang is ’n pakkie lekkers ter waarde van R10 en daar sal ook ’n donasieboks wees.

So, kry julle dansskoene gereed, want die gospelklanke gaan ruk in die Elsies!

  • Kontak Goliath by 072 583 1597 vir nader inligting.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters