3 maande gelede
‘Klong van Vlakte’ vol dankbaarheid
Spencer-Jon KennedyFOTO VERSKAF  ~ 

“EK WIL net vir die Here sing, want ek weet Hy sal vir ons sorg.”

Só gesels die producer en gospelmusikant Spencer-Jon Kennedy van Malibu, Eerste­rivier.

Kennedy sê hy het nooit kon dink die Here sal “dié klong van die Kaapse Vlakte so ver bring om met groot name in die gospelbedryf soos Loyiso Bala, Ntokozo Mbambo en Nqubeko Mbatha saam te werk nie.

“Ek het ’n paar maande terug ’n oproep uit Jozi van die gospelsangeres Hlengiwe Ntombela ontvang. Sy wou hoor of ek nie die music director vir haar eerste DVD wil wees nie.”

Ntombela was ’n lid van die gewilde gospelgroep Joyous Celebration­.

“Dit was een van my grootste oomblikke om deel te wees van die live DVD-opname, waar ek met van die beste musikante en sangers saamgewerk het.

“Ek het amper uit die kooi geval, want ek kon nie glo wat met my gebeur het nie. My hart is vol dankbaarheid.”

Kennedy glo as jy die koninkryk van die Here soek, sal Hy in jou hartsbegeertes voorsien.

Hy is ook die regisseur van die Jesus Collective, wat landwyd die evangelie deur musiek verkondig.

Die span van die Jesus Collective gaan in Augustus te sien wees op die TBN-kanaal saam met Loyiso as gasheer.

Kennedy beplan om sy eerste DVD later dié jaar uit te reik. Stuur by sjkbookings2 @gmail.com vir hom ’n e-pos vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters