7 dae gelede
Kid Rock se kop haak uit op die verhoog in sy eie restaurant
SO WHAT? Kid Rock verpes talk show hosts, veral vir Oprah.  ~ Billboard.com

EK LEES op TMZ dat Kid Rock (die rocker) die wêreld wil laat weet hy verpes Oprah Winfrey en ander talk show hosts.

Ek voel dieselfde oor talk show hosts, maar het nie die balls om dit so kliphard in die openbaar uit te spel nie.

Maar moet hom tog net nooit ’n rassis noem nie.

Die ou was wild laas week in sy eie restaurant in Tennessee – Kid Rock’s Big Honky Tonk Rock & Roll Steakhouse.

Lyk my hy het te veel voggies in gehad, want hy was batshit crazy op die stage.

Hy’t sommer “F*k Oprah!” en ander goeters geskreeu.

Hy het sommer ook ingeklim onder Joy Behar en Kathy Lee Gifford.

Hoekom Kid Rock iets teen Kathy het, weet TMZ nie, maar hy het laas jaar ’n moerse uitval met Joy gehad.

Help

KR het al voorheen gesê hy likes Oprah niks nie. Hoekom weet niemand nie, maar hy is “nie ’n racist nie, dankie”.

Die security moes die pissed Trump-ondersteuner van sy eie stage af help. Not a pretty picture.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters