Verlede maand
Khloë en Tristan onder oë
moeilikheid: Die kalklig is op Tristan Thompson en Khloé se verhouding ná sy jollery. Foto: EONLINE.COM  ~ 

JY MOET tog nie dink dat Khloé se familie die hele jollery van haar baby daddy geïgnoreer het nie.

Haar sussie Kim het dié week laat hoor dat die Kardashian-vroue ernstig met Khloé gepraat het toe die basketball-speler haar verneuk het terwyl sy hoog swanger met hul bloedjie, True, was.

E! Online berig Kim, Kourtney en Kris het na Cleveland gevlieg om saam met Khloé te wees wanneer sy kraam.

Ryan Seacrest het hierdie week by Kim probeer uitvis wat regtig daai tyd gebeur het.

Kim pak uit: “Ons het beslis daai gesprek gehad en ek wil nie regtig te veel weggee nie, want ons het wel daaroor gepraat. Soms het ons verfilm vir Keeping Up With the Kardashians en soms het ons nie, maar dit was meer wanneer Khloé haar privaatheid wou hê.

“Sy wou nie enige kameras gehad het toe sy in Cleveland was en deur die moeilike tyd gegaan het nie.

“Die ander susters het steeds verfilm en ons het gepraat oor hoe om die situasie te benader en wat ons moet doen.”

So, as julle wil weet wat regtig alles daar in Cleveland aangegaan het, moet julle maar net voor die kassie sit en wag vir die volgende reeks van KUWTK.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters