3 maande gelede
Karar dans vir die Here
aan die brand: Die Karar-dansgroep het hulle derde konsert gehou. ­FOTO VERSKAF  ~ 

KARAR beteken “ons sal dans voor die Here­”­ in Hebreeus.

En dis presies wat hulle doen, vertel Candice Hoffman, stigter van die Karar-dansgroep van Beaufort-Wes.

Hulle doen dit met groot sukses en vanjaar was die derde jaar dat hulle hul eie produksie vir die dorp se mense aangebied het.

Hoffman vertel sy was net ag jaar oud toe die urge haar pak om te dans. Nou, jare later, is sy steeds besig met haar danspassies.

Hoffman sê: “Dis vir ons altyd lekker om die change te wees in ons gemeenskappe, want as ons gaan stilbly, gaan niks gebeur nie.

“Baie van die dansers kom uit moeilike omstandighede, maar deur te dans kan hulle ’n oomblik vergeet van hulle probleme.”

Saamwerk

Hoffman glo as jy ’n gesonde familie bou, sal jy ’n gesonde gemeenskap en wêreld sien.

“Dit bring altyd vreugde in my hart wanneer ek sien hoe die ouers saamwerk, want hier op die platteland is geleenthede maar skaars, veral in die kunste.

“Ek leer die jeug om in die lewe te droom en met harde werk en toewyding kan dit waar word.”

Haar gunsteling-Bybelvers is: “Die Here is my Herder. Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie.”

Hoffman sê die groep is geïnspireer deur Prophetic Dance Ministries.

Prophetic Dance Ministries, onder leiding van Lauren George, inspireer die Karar-dansgroep.

Kontak Hoffman gerus by 078 156 7161 vir verdere inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters