6 maande gelede
Karaoke-konings en queens ruk op
Richard Fortunefoto verskaf  ~ 

DIE Hunter’s King & Queen of Karaoke-kompetisie het reeds afgeskop.

As jy die talent het, is dít jou kans om te deel in die prysgeld van R18 000. Die wenner stap weg met R10 000, die tweede prys is R5 000 en die derde prys R3 000.

Die ding gaan ruk by Blue Chip, Sports Palace en Cher’s in Wetton, Open Arms, Planet Sports Bar, Togs Sports Bar en Red Devils in Goodwood, Club Joy in Athlone, Premium Sports Bar in Mitchells Plain, Uncle Stan’s in Kraaifontein, Miacasa in die Kuila, Stargayzers in Parow-Oos, Ground Coffee in Lansdowne, Wickets & Post in Wynberg en Metro Nome in Brackenfell Industria. Die uitdunne is Donderdae, Vrydae of Sondae, afhangende van die venue. Die eindronde is op 7 April by Nikita’s in Bellville.

Die organiseerder, Richard Fortune, sê hulle is opgewonde oor die kompetisie en die talent is baie groot. Net amateurs mag inskryf; geen professionele sangers nie.

So, kry jou lyf by jou gunsteling-klub en wie weet, miskien is jy die volgende karaoke-koning of -koningin!

Almal is natuurlik welkom om te kom cheer. Vir nog info, kontak Richard Fortune by 083 455 5006.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters