2 maande gelede
‘Jy’s nooit te jonk vir ’n empire’
Wees verskil: Die talentvolle Lee Jordan Jacobs van die Paarl droom groot.  ~ Verskaff

“EK WOU iets nuuts probeer ...”

Lee Jordan Jacobs van die Paarl is opgewonde oor die nuwe hoofstuk in sy lewe as deelnemer aan 2020 se Mnr. SA-kompetisie.

“Om uit my gemaksone te beweeg kan net groei bring. Om ’n verskil in ander se lewens te maak, veral kinders s’n, is net ’n groot vreugde.

“Kinders is baie na aan my hart, want hulle is die toekoms. My dryfkrag en dit wat my elke oggend laat opstaan en die dag aangryp, is om mense te help vlerke gee aan hulle drome.

“My familie en vriende het my nog altyd aangemoedig om deel te neem aan die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie. Nou is dit die tyd om dit te probeer.

“Dit sal vir my ’n groot droom wees om die verskil in ons gemeenskappe te wees.”

Jacobs verduidelik sy lewensmotto: “In ’n wêreld waar alles moeilik is, is jy nooit te jonk om ’n empire te begin en nooit te oud om ’n nuwe droom te droom nie.”

  • Julle kan vir hom as Mnr. SA stem deur “MRSA30” na 40439 te SMS.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters