Verlede maand
Jussie min gespin
moet opdok: Jussie Smollett hou alte lekker vakansie in Hawaii.Foto: WASHINGTON POST  ~ 

DIE Empire-akteur Jussie Smollett is in Hawaii opgemerk waar hy vakansie hou te midde van sy hate-crime-skandaal.

Hy het mos onlangs nuus gemaak toe hy gesê het boewe het hom aangerand in ’n kastige rassistiese, homo­fobie-aanval.

Hierdie saak het daarna nóg groter opslae gemaak toe dit uitkom hy het die hele aanval ge-stage.

Hy het hof geloop hieroor, maar die saak is toe geskrap.

Al is die charges gedrop, kan Chicago se stadsraad hom steeds dagvaar omdat dié stad meer as $130 000 (sowat R1,8 miljoen) spandeer het om die voorval te ondersoek.

Jussie is gekiek in die Kaloko-Honokohau Nasionale Park, waar hy lag en heel happy lyk.

Hy is daar saam met sy familie en hy het ’n boogie board saam met hom gehad.

Die Chicago-polisie het verlede maand ’n brief aan Jussie gestuur waarin hulle sê hy moet die geld terugbetaal. – Page Six

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters