4 maande gelede
Jonathan gaan koortjies sing op die kassie
Groot droom: Jonathan Rubain is baie excited.  ~ Verskaf

DIE gospelsanger Jonathan Rubain is binnekort die aanbieder van kykNET­ & kie se nuwe gospelmusiek- en geselsprogram Koortjies met Jonathan Rubain.

Die show gaan fokus op hoe jou geloof jou deur moeilike tye kan dra en hoe om ’n beter mens vir jou bure en naaste te wees. Dan is daar gaste wat sal saamgesels oor die krag van sang en lofprysing.

In elke aand se episode kom kuier daar bekende gaste, wat oor ’n betrokke onderwerp sal saampraat.

Gaste in die program sal enige iemand wees, van bekendes tot jou “plaaslike pastoor” en geestelike leier, sowel as gewone mense wat rolmodelle in hulle gemeenskap is.

Gehoop

Die 34-jarige van Hanover Park op die Kaapse Vlakte is gereed om kykers te vermaak met ’n lekker saamsingsessie, terwyl koortjies gesing word.

Jonathan sê: “Dit is die heel eerste Afrikaanse gospelreeks! Ek is mindblown!

“Ek onthou hoe ek as klein seuntjie altyd na kinderprogramme op TV gekyk en gehoop het dat ek dit eendag sal kan doen.

“Ek kan nou net die Here dankie sê vir die droom wat hy waar gemaak het.”

  • Koortjies met Jonathan Rubain is elke Sondag van 5 April van 18:00 op DStv se kanaal 145 (kykNET & kie) te sien. 
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters