Verlede maand
Jen vat berk ommie blok
KEN VAN: Jennifer Lopez is ’n hard-core pimp in haar splinternuwe movie, Hustlers.Foto’s: GETTY IMAGES  ~ 

JENNIFER Lopez het haar verloofde, Alex Rodriguez, na ’n strip club gevat om hom ’n voorsmakie te gee van haar stripper movie wat binnekort op die silwerdoek sal wees.

J.Lo (49) en die rapper Cardi B (26) vertolk hoofrolle in Hustlers. In dié witwarm movie is Jen die hard-core pimp Ramona.

Die fliek se skrywer en regisseur, Lorene Scafaria (41), het aan Vulture gesê die ma van twee het haar verloofde (43) vir ’n lekker aandjie uitgevat.

“Sy en Alex het na ’n strip club gegaan en sy kon hom toe meer insig gee.”

Scafaria verklap die talentvolle J.Lo – wat as performer as’t ware ’n triple threat is – het haar ongelooflike atletiese vermoë vir haar sexy paaldans-tonele gebruik.

“Sy is van nature ’n ongelooflike danser, maar sy het so hard-core hiervoor geoefen.

“Paaldans is iets heeltemal anders. Dit vereis muscles wat jy nie eens weet jy het nie. So, ons hanteer dit ’n bietjie soos ’n sport movie.”

Dieselfde

Scafaria het Jen van dag 1 af in gedagte gehad vir die rol van Ramona.

“Die oomblik toe ek die draaiboek klaar gelees het, het ek besef Ramona ís Jennifer Lopez en Jennifer Lopez ís Ramona.

“Hulle twee is dieselfde. Hulle het dieselfde eienskappe. Dit moes net sy wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters