20 dae gelede
Jeannie vind haar match
Saam? Jeannie Mai en Jeezy lyk diep verlief by die rapper se charity event.Foto: People.com  ~ 

DAAR is ’n deksel vir elke pot.

Nadat Jeannie Mai se eksman, Freddy Harteis, ’n lange gegooi en nou ’n familietjie van sy eie het so kort ná hulle egskeiding, het sy ’n nuwe liefde gevind.

’n Ingeligte het aan E! News vertel die aanbieder van The Real date die rapper Jeezy.

Dié skinderstories kom nadat Jeannie gesien is op Jeezy se inaugural SnoBall Gala, waar hy geld insamel vir sy non-profit-organisasie, Street Dreamz.

Die tweetjies het hand aan hand opgedaag en van oor tot oor gesmile toe hulle onlangs by die charity event ingeloop het.

Jeannie het voorheen met haar mede-aanbieders vanThe Real – Tamera Mowry-Housley, Loni Love en Adrienne Bailon – oor die rapper gepraat.

“Jeezy en ek hang saam uit. Hy is baie spesiaal vir my. So ons hoef nie regtig te label wat ons doen nie. Ons het net ’n lekker tyd saam.

Spesiale

“Julle weet ek is altyd ’n bietjie té real so, ek belowe as daar daai spesiale boo is, dan sal ek die eerste een wees wat vir julle daarvan sê.”

Ons hoor maar wat Jeannie te sê het wanneer The Real op 16 September ná hulle summer break terug op die kassie is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters