11 dae gelede
Janet babbel oor haarself
Janet: Jackson praat oor haar gunsteling-onderwerp – haarself.Foto: billboard.com  ~ 

JIRRETJIE tog. Celebs kan darem goed praat as dit by hul favourite subject kom.

Dis nou hulselwers.

Vat nou maar daai has-been Janet Jackson.

Sy het met die tydskrif In Style gepraat oor haar lewe.

Sy sê in die interview dit was baie moeilik om terug te keer na haar werk as sanger ná haar pa, Joe, se dood in Junie.

Sy het amper haar toer gekanselleer, maar het geweet haar pa sou wou gehad het sy moes aangaan.

Janet het ook gepraat oor hoe dit gevoel het om famous groot te word en hoe dit haar self-image beïnvloed het en hoe sy jare lank gesukkel het met self-esteem.

As ’n famous familie het Janet se ouers hulle maar taamlik grounded gehou deur huiswerkies te gee soos om dierehokke skoon te maak. En die diere te was (huh?). Of hulle eie beddens op te maak, die jaart te vee en die huis skoon te maak.

Alhoewel daar housekeepers en chefs was, terloops. Yeah right.

En toe praat sy ook hoe sy en Michael oor self-image gevoel het. En hoe dit haar jare gevat het om reg te kom, want sy het nie gevoel sy is mooi genoeg nie.

Sy’t ook vertel hoe sy gesukkel het om iets te vind in haarself om lief te hê.

En so gaan die absolute self-absorption aan en aan.

Lees dit maar self in die Oktober-uitgawe van die tydskrif.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters