3 maande gelede
Internasionale Jazzdag gevier
MOOI KLANKE: Darren English en sy orkes in aksie. Foto’s: salmon Smith  ~ 

’N INTIEME groepie uitgesoekte gaste het vroeër vandeesweek in die Militêre Museum by die Kasteel in Kaapstad byeengekom om 2019 se Internasionale Jazzdag te vier.

Dié geleentheid is aangebied deur Qai Music. Die gasspreker én organiseerder was Shado Twala.

Die bekroonde jazzmusikant Darren English en sy orkes het die toeskouers vermaak met hulle jazzklanke. Darren is die Kaapse klong wat laas jaar die Global Peace Song Award gewen het vir sy song “Pledge of Peace”.

Twala het die mense meer oor die spesiale herdenking vertel: “Internasionale Jazzdag word wêreldwyd gevier. Elke jaar word dit in ’n ander land gevier en vanjaar is dit in Australië.

“Volgende jaar sal dit Kaapstad se beurt wees om dié groot event aan te bied. En dit sal ook dan die eerste keer wees dat Internasionale Jazzdag Afrika toe kom.

“Ons showcase hier die taal van jazz wat van oor die waters na ons vasteland gekom het.

“Die rede waarom ons dit in die Kasteel hou, is sodat ons kan interact met die geskiedenis van Suid Afrika.

“Dit gaan alles oor die erfenis en die Kasteel het ’n historiese agtergrond.

“Vanaf vanaand tot en met April volgende jaar moet ons mense aanmoedig om in die gees van jazz te kom.

“Dit is belangrik om te weet wat jazz vir ons beteken.

“Jazz bring mense uit verskillende gemeenskappe en kulture byeen.

“Ons glo ook dat jazz jong mense educate om kreatief te wees.

“Daar word ook geglo dat jazz van die slawe oorsee kom, wat musiek in die plantasies geskep het.

“Nou kom dit terug na Afrika toe.

“Volgende jaar se tema vir Jazzdag is Connect the Roots of Jazz.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters