Verlede maand
Hollywood skop af met Globes

VOORDAT jy oor jou Nuwejaar-babelas is, maak La La Land hom weer reg vir een van die grootste paarties van die jaar waar die sterre hulself op die skouer klop.

Jip, kan jy dit glo? Vanaand is dit weer tyd vir die Golden Globe Awards.

Maar ons ou sieletjies in Suid-Afrika sal eers tot môre 20:00 moet wag om op DStv se kanaal 101 te kyk wie gewen het.

Onthou, dié moerse event create mos die buzz vir die Oscars volgende maand.

Marriage Story lei die 77ste Golden Globes met ses benoemings, terwyl The Irishman en Once Upon a Time in Hollywood albei vyf elk gekry het.

Dit is een moerse jaar vir die streaming giant Netflix. Hy sit vanjaar met ’n verstommende 34 Globe-benoemings vir sy flieks.

Marriage Story, ’n hartroerende egskeidingsdrama, en The Irishman, ’n Martin Scorsese gangster epic, is Netflix s’n.

Nods

En onthou, Netflix het eers in 2015 begin om original movies te maak. Dít wil gedoen wees. Maar bygesê, hy het miljarde gehoes om groot name en talent te trek.

Sy Vatikaanse drama, The Two Popes, het vier nods gekry, terwyl Eddie Murphy se blaxploitation biopic, Dolemite is My Name, beskou word as ’n favourite wat aan Murphy die toekenning vir beste komedie-akteur kan besorg.

Die Hollywood Foreign Press se 90-stuk lede, wat ook vir die Globe-wenners stem, kry gewoonlik die reg om ook die Oscar-wenners te voorspel.

laas jaar het hulle byvoorbeeld elke Oscar-wenner in elke kategorie reg voorspel, behalwe vir die beste musical score.

Die Britse komediant (en vlymskerp) Ricky Gervais is weer die aanbieder, maar “dis die heel laaste keer”, volgens hom.

Baie kategorieë is too close to call, maar Quentin Tarantino se Once Upon a Time in Hollywood word volgens GoldDerby beskou as die movie wat met die Globe vir beste komedie sal wegstap.

En Brad Pitt is ook die voorloper vir sy rol as byspeler in dié fliek oor Hollywood in die 1960’s. Terloops, die Manson cult-moorde is ook sommer in dié weird ding. Net Tarantino kan met so iets wegkom.

Dan lei Joaquin Phoenix natuurlik die pack as die lead in ’n drama (’n moerse gepakte kategorie) vir sy radical portrayal in Joker.

Renée Zellweger staan ook haar skoene vol vir beste aktrise in die Judy Garland biopic Judy.

Apple wil waves maak in die TV-kategorieë, waar sy #MeToo- drama The Morning Show verskeie benoemings gekry het.

Maar ook hier oorheers Netflix met sy flag­ship-reeks, The Crown, wat gelei word deur die Oscar-wenner Olivia Colman.

PS: Ek wil so graag hê Pitt en Phoenix moet wen ... – AFP

In die sakkie? Brad Pitt en Leonardo diCaprio speel in Quentin Tarantino se Once Upon a Time in Hollywood, wat as die frontrunner beskou word vir beste komedie.
Die beste? Renée Zellweger is benoem as die beste aktrise in Judy.
Goeie kans: Joaquin Phoenix se verstommende rol in Joker móét hom die Globe vir beste akteur besorg.
Mobsters: Martin Scorsese se gangster movie The Irishman het ’n baie skaflike vyf benoemings gekry.
Royalty: Olivia Colman se briljante uitbeelding van die Queen in The Crown kan van dié reeks ’n wenner maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters