16 dae gelede
Hollywood se pay-lys is uit
Ryk en sexy: Emily Blunt is die aktrise wat die meeste verdien. Foto: the sharenator.com  ~ 

RYAN Reynolds en Emily Blunt is die bes betaalde akteur en aktrise in Hollywood.

In die jongste uitgawe van Variety se Money Issue word die duurste akteurs se salarisse vir hulle jongste movies bekend gemaak.

Ryan gaan $27 miljoen (sowat R391 293 000) vir sy Netflix-film Six Underground verdien. Emily kan tot $13 miljoen (sowat R188 miljoen) kry vir haar opkomende movie A Quiet Place 2.

Dwayne “The Rock” Johnson en Robert Downey Jr. kry elk sowat $20 miljoen (R289 539 000) vir die flieks Hobbs & Shaw en The Voyage of Doctor Dolittle, onderskeidelik.

Ander akteurs wat ’n klomp geld maak met hulle jongste movies, is Will Smith met $17 miljoen (R246 036 000) vir Bad Boys For Life, Jason Statham met $13 miljoen (R187 956 000) vir Hobbs & Shaw en Tom Cruise met tot $14 miljoen (R202 miljoen) vir Top Gun: Maverick.

Die pragtige Gal Gadot het $10 miljoen (R144 536 426) gescore vir Wonder Woman 1984.

Ander aktrises wat ook ryk word uit movies is Margot Robbie vir Birds of Prey en Kristen Stewart vir Charlie’s Angels. – Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters