2 maande gelede
Heidi sê sy werk lekker by ‘agt’
positief: Heidi Klum sê anders as Gabrielle Union het sy net goeie dinge te sê oor die show America’s Got Talent (AGT). Foto: getty images  ~ 

HEIDI Klum (46) stem nie saam met Gabrielle Union (47), wat sê daar is ’n ongesonde werksomgewing by America’s Got Talent (AGT) nie.

Dié Duitse model en TV-persoonlikheid sê sy het nie nare dinge by die talent show ervaar nie.

Sy het tydens die Tele­vision Critics Association se wintermediatoer vertel sy het ’n wonderlike tyd gehad.

“Ek het nog net ’n asem­rowende ondervinding gehad. Ek kan nie namens Gabrielle praat nie. Ek het nie dieselfde dinge as sy ervaar nie.

“Volgens my behandel almal jou met die grootste respek.

Toksiese

“Ek het nog nooit iets gesien wat vreemd of kwetsend is nie.”

Heidi was ’n judge op die show vir die 8ste tot die 13de reeks en sy is tans ’n judge vir die spin-off show America’s Got Talent: The Champions.

Gabby het onlangs ’n lange gegooi by die show oor daar glo ’n toksiese werksomgewing heers.

Die ster het nog nie gereageer op dit wat Heidi te sê gehad het nie.

Ek hoop ook nie sy doen nie.

Laat dit gaan, Gabby! Daar is beter dinge daar buite.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters