2 maande gelede
Harry, Meghan trek na LA
Meghan Markle.  ~ Wikimedia

PRINS Harry en sy vrou, Meghan Markle, het hulle huis in Vancouver, Kanada, vir ’n plek in Los Angeles verruil, berig People.

Hulle woon luidens berigte met klein Archie in ’n afgesonderde kompleks en bly tydens die pandemie binnenshuis. Markle is in LA gebore en het baie vriende en familie daar.

Vroeër dié week is daar berig dat Harry se pa, prins Charles, positief getoets is vir die Covid-19. Hy en sy vrou, Camilla, is in hulle Skotse woning in isolasie. – Nu.nl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters