2 maande gelede
Halle plak vet soen op verloofde Lena
heerlik: Halle Berry en Lena Waithe soen te lekker.Foto: instagram  ~ 

HALLE Berry het die internet gebreek met daai soen van haar.

Sy het Lena Waithe, wat die gas-aanbieder in Jimmy Kimmel Live! was, ’n lekker vet soen gegee.

Dié 52-jarige Hollywood-aktrise was baie ingenome met haar effort. Sy het dit selfs op haar Instagram gepost.

Omgee

“Wanneer my vriend Lena Waithe Jimmy Kimmel Live aanbied, gebeur s**t,” het sy geskryf.

Lena (35), wat baie gelukkig verloof aan Alana Mayo (34) is, het nie gelyk asof sy omgee vir hierdie soen nie. Sy en Halle is mos goeie vriende.

John Travolta was ook ’n gas in die show en hy het ná die tyd oor die soen gejoke.

“Ek het Halle in die movie Swordfish (in 2001) gesoen, en ek dog ek is die enigste een wat haar kan soen,” het hy geskerts

Die ma van twee het in Maart ook die internet gebreek toe sy ’n massiewe tattoo van haar aan die wêreld gewys het. Sy het later erken die ink is fake.

Sy het twee weergawes van die tattoo geplaas – een op haar Instagram en die ander op die hoofbladsy.

Halle het toe aan James Corden in The Late Late Show erken die tattoo was maar net ’n proeflopie vir ’n komende fliek. – DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters