Verlede maand
Hadid is die bell(a) van die (aard)ball
pragtig: Volgens ’n Londense kosmetiese chirurg is Bella Hadid die mooiste vrou in die wêreld. Foto’s: getty images  ~ 

BELLA Hadid is die mooiste vrou in die ganse wêreld!

Dis nou as jy die kosmetiese chirurg dr. Julian de Silva glo. Dié chirurg van Londen het volgens Cosmopolitan spesiale face-mapping-tegnologie gebruik om vas te stel dié supermodel is die mooiste girl wat planeet aarde bewandel.

Die antieke Grieke het wiskundig die verhoudings probeer vasstel wat skoonheid bepaal. Hulle het ook beweer simmetriese gesigte is die mooiste.

En dis hieroor dat Beyoncé sleg tweede gekom het. Queen B se ken en ooghare het veroorsaak dat sy punte verloor het en nie “gold standard”-status soos Bella bereik het nie. Die dokter het erken Bey lyk ongelooflik vir iemand wat op pad na 40 is.

Op die chirurg se lys is bekendes soos Amber Heard, Ariana Grande, Taylor Swift, Katy Perry, Kate Moss, Natalie Portman en Scarlett Johansson.

Maar Twitter-gebruikers is mos nie op hulle bek geval nie en het dié dokter sommer vinnig laat verstaan wat hulle van hom en sy outydse skoonheidstandaarde dink.

Ander kon nie glo dat Rihanna nie dié beauty list gemaak het nie.

Ek kan eerlik nie glo dat daar nog sulke stiksienige mense is nie. Ons moet ophou vroue teen mekaar afspeel, ons almal is mooi op ons unieke manier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters