3 maande gelede
Gospelsanger se groot dag
vol moed: Charlene Olivier sien baie uit na die konsert.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE pad vorentoe is korter as die pad terug...

Só praat die gospelsangeres Charlene Olivier (38) van Atlantis terwyl sy hard voorberei vir ’n spesiale Vrouedag-gospelkonsert in haar tuisdorp.

Olivier sê sy het op ’n plaas grootgeword en dit was nie altyd maanskyn en rose nie.

“Maar die opvoeding wat my ouers ons gegee het, sal ek nooit vergeet nie, want die persoon wat ek vandag is, is as gevolg van my kosbare ma, Drina.

Inspirasie

“In moeilike tye is gebed my anker. Lof en aanbidding is ’n goeie wapen, want dit breek vestings.”

Die gospelsangers Tasha Cobbs en Yolanda Adams bring vir Olivier groot vreugde en inspirasie.

“My woord van bemoediging vir vroue is: Staan op en word verlig, want op jou pad skyn daar ’n Lig wat weer nuwe hoop bring.”

Olivier se song “Your Time” word gereeld op Radio CCFM gespeel.

“Daar was ’n tyd in my lewe toe ek in die laagtes was, maar dit het my sterk gemaak, want swaar tye kweek volharding en bou jou karakter.”

GW Events bied vandag se konsert­, Phenomenal Women in Praise, by die Atlantis Vaardigheidskool aan.

Die gaskunstenaars is Gerty Ryan­, Anastacia Titus en Olivier.

Die gasspreker is past. Lizette.

Die vertoning begin 17:00 en die kaartjies kos R50.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters