5 maande gelede
G’n vleis in haar paleis
Vis nog vlees: Kim Kardashian is goed gegrill op Twitter.  ~ Getty Images

MAMMIE Kimmy word op Twitter uitmekaargeskeur oor wat iemand child cruelty noem.

Die tweeps meen Kim Kar­dashian (39) se vier bloedjies is net kinders en moenie aan haar ingewikkelde eetplan blootgestel word nie.

Die vrou van Kanye West het in die sosiale media verkondig dat sy haar bloedjies North (6), Saint (4) en Chicago (2) hoofsaaklik plante voer.

Kim-hulle het ook ’n babaseuntjie, Psalm (8 maande).

Die reality star is in die sosiale media gevra of haar bloedjies nes sy ’n plant-based diet volg.

Sy het geantwoord met: “Ja. North is eintlik ’n pescatarian (eet net vis; geen ander vleis).”

Moerig

En dís wat die tweeps moerig gemaak het.

Een gebruiker laat hoor toe: “Daai is child cruelty.”

’n Ander meen kinders moet soos kinders behandel word.

“Hou op om kinders vegan kos te laat eet. Hulle moet vleis en alles eet. Wanneer hulle ouer is, kan hulle vir hulself besluit.”

Nog een laat hoor: “Sy is ses. Sy is niks. Sy is nie ’n pescatarian nie. Sy het nie ’n spesifieke style nie. Sy is ’n kind.”

’n Ander een het weer ’n grap gemaak van Kimmy: “My kinders is chickennuggettarians.”

Kimmy, laat jou kinders net kinders wees, sjym.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters