19 dae gelede
Girls smeul in die noorde se somer
Chrissy TeigenFoto’s: usweekly.com  ~ 

DIS regtigwaar ’n hot girl summer daar oorie waters!

Dit terwyl ons steeds bibber van die koue en ons as in die gym af werk om ook ’n hot girl summer te hê.

Oorsese celebs het die beste somer ooit en is glad nie skaam om hulle bikini bodies op sosiale media te wys nie.

Ons sal seker heel eerste dankie moet sê aan die Amerikaanse rapper Megan Thee Stallion, want sy het die trend begin.

Ons het so ’n bietjie gaan kyk na wie die lekkerste somerlywe het.

  • Chrissy Teigen

Kom ons vergeet gou eers dat die vrou van John Legend aan die begin van haar loopbaan haar geld gemaak het as ’n swim­suit model. Kom ons onthou eerder dat sy twee kinders het en dat sy steeds hard in die gym aan haar lyf werk. Die 33-jarige het net laas jaar die lewe geskenk aan haar seuntjie Miles Theodore Stephens.

  • Teyana Taylor

Wys vir my ’n girl met beter abs as Teyana (28)! Ek is seker abs-dag in die gym is die Amerikaanse aktrise en sangeres se belangrikste dag van die week.

  • Jada Pinkett-Smith

Dié 47-jarige mammie van twee volwasse kinders kan ons lui jong dames enige dag in ’n bikini outshine. Die vrou van Will Smith is nog lank nie koud nie!

  • Jordyn Woods en Megan Thee Stallion

Die model Jordyn (21) en rapper Megan (24) het amper die internet gebreek toe hulle hul vol kurwes op sosiale media afge-show het.

  • Lala Anthony

Dié pragtige aktrise (38) age soos goeie wyn en sy hou haar vol kurwes in shape. Dit lyk asof sy so tussendeur die verfilming van die gewilde reeks Power genoeg tyd ingesqueeze het vir haar squats.

Wag, ek gaan nou my water drink en gym, want ek wil ook mos ’n hot girl summer hê.

Teyana Taylor
Jada Pinkett-Smith
Jordyn Woods en Megan Thee Stallion

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters