Verlede maand
George se Krismis comeback
nuut: Jy sal ’n nuwe George Michael song dié Krismis hoor.Foto: sky.com  ~ 

DIÉ Krismis sal jy ’n nuwe George Michael song hoor, drie jaar ná sy dood.

Die director Paul Feig sê daar’s ’n volle track van ses minute aan hom gegee wat nooit release was nie. Dis vir sy nuwe Krismis movie, Last Christmas.

Terloops, Game of Thrones se Emilia Clarke speel in dié romantic comedy, waarin ander classics van George ook gehoor sal word.

Ek sien op Sky.com Emilia sal die hoofrol van Kate vertolk.

Volgens Feig was George besig met sy nuwe album toe hy in 2016 oorlede is. En een van die movie se tracks is een van daai songs.

Feig sê die song is “celebratory” en hulle kon die hele song speel wat omtrent ses minute lank is. Maar fans kan wag tot die einde van die movie om daai song te hoor en moet maar deur die credits sit om dit klaar te luister.

Henry Golding, akteur van die movie Crazy Rich Asians, is ook in die fliek te sien. Hy’s Kate se love interest.

In die movie vertel sy hom sy was siek en is amper dood.

En dié oomblik lê Emilia na aan die hart, want sy het vroeër vanjaar bekend gemaak sy het ag jaar gelede ’n stroke gehad.

Last Christmas is gebaseer op ’n storie deur Emma Thompson en haar hubby, Greg Wise. Emma sal ook Kate se ma in die movie speel.

Kyk maar in November uit vir hierdie fliek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters