2 maande gelede
Fire-Ball byna 50 jaar in musiekbedryf
vuurwarm: Die lede van Fire-Ball is Fabian Petersen (baskitaar), Jenice Samuel (vocals), Chris Boois (keyboards) en Jeremy Jermaine (leier; drums en vocals).foto verskaf  ~ 

HULLE is oppie bôl en wanneer hulle op die stage is, is hulle vuur en vlam!

Die Paarl se top disco band, Fire-Ball, het eintlik geen bekendstelling nodig nie.

Dis omdat dié groep al vir byna 50 jaar aan die gang is, en hulle energie ken geen perke nie.

Jeremy Jermaine (58), die leier van die groep, het ’n bietjie oor die geskiedenis van die groep gesels.

Jeremy vertel: “Fire-Ball is in 1973 gestig van die band The OHMS, wat bestaan het uit Ameen Levy, Mosie Marthinussen, David Ayford, Boy Collins en Ernest Jantjies.”

“Die band het sy naam gekry van die rockgroep Deep Purple se destydse album genaamd Fireball.

“Ek was so 10 jaar oud toe die band my geboek het as freelance voorsanger.

“Op 16-jarige ouderdom het ek saam gaan toer in Namibië. Ek moes spesiale verlof by die skool kry en dan skool attend in Namibië. Dit was in 1975.”

Gespeel

Op 18-jarige ouderdom het Jeremy hom permanent by die groep aangesluit as drummer en singer.

Hulle het toe by rugbyklub- en jaareindgesellighede, skoonheidskompetisies en troues gespeel.

Hulle het in die 1980’s verhoë gedeel met Richard Jon Smith, Jonathan Butler, Pacific Express, Felicia Marion, Brenda Fassie en PJ Powers.

Hulle het al ’n rits albums agter hulle naam, insluitend Believe (1995), Finally (1996) en Sexy (1999). In 2014 het hulle hulle laaste album, Serious, uitgereik om hulle 40ste jaar in die musiek­bedryf te celebrate.

Omtrent 23 000 copies van hulle single “Yesterday Once More” is verkoop.

Fire-Ball het laas jaar teruggekeer van Dubai, waar hulle vir 10 jaar in hotelle gesing het.

Hulle doen deesdae private shows en werk ook aan hulle volgende album.

  • Bel hulle gerus by 071 122 2661.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters