7 dae gelede
Fees van goeie musiek op pad
Colin Mitchells FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Ravensmead Volle Evangelie Kerk vier vanjaar sy 95ste bestaansjaar en die gemeente beplan ’n groot fees.

“Ons gaan behoorlik uitdraf vir die Here met koordans,” vertel die organiseerder, diaken Roberto van Staden.

Die gemeente beplan ook ’n spog-tee in Oktober en in November ’n reeks dienste.

Van Staden is van mening: “Soek eers die Koninkryk van God en ál die ander dinge sal vir jou bygevoeg word.”

Die gemeente reik gereeld uit in die gemeenskap waar hy behoeftiges bedien met die woord van God.

“In moeilike tye is gebed my anker, want op my knieë kry ek baie krag en oorwinning.

“My vrou en nege maande oue baba is die dryfkrag en inspirasie in my lewe en ek dank God elke dag, want alles is net deur sy genade.”

Die verrigtinge skop op 18 Augustus af met ’n Gospel Extravaganza in Lindenstraat, Ravensmead.

Die gaskunstenaars wat gaan optree, is onder meer die Ronald Bailey Project, Remnant, Helena Goliath, Shaneva en Colin Mitchells.

Die vertoning begin reeds 17:00 en kaartjies kos R50.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters