4 maande gelede
Fees van flieks in Afrikaans te sien
Splinternuut: Die fliek Fiela se Kind debuteer op die kykNET Silwerskermfees.Skermgreep: Youtube  ~ 

DIE line-up vir die kykNET Silwerskermfees is bekend gemaak en die fees sprei vanjaar sy vlerke nóg wyer.

Die organiseerders het besluit om dit ook oop te maak vir die publiek.

So, as jy van die eerste mense in Mzansi wil wees wat opwindende nuwe Afrikaanse films soos Fiela se Kind, Poppie Nongena en Racheltjie de Beer wil sien, het ek goeie nuus vir jou.

Twee nuwe venues, die Labia Teater en Theatre on the Bay, is bygevoeg sodat die publiek van die movies kan gaan kyk.

Daar is ’n spesiale voorskou van Fiela se Kind by die Labia in Gardens.

Kaartjies hiervoor is by die Labia te koop.

Sedert die eerste kykNET Silwerskermfees in 2010 was die droom om ’n filmfees te hou wat nuwe geleenthede vir jong talent skep en ervare filmmakers ’n ruimte bied om hulle kennis te deel.

Die afgelope nege jaar is meer as 160 kort- en speelfilms vervaardig.

Van die jongelinge van nege jaar gelede is vandag gevestigde regisseurs, draaiboekskrywers en vervaardigers.

Dié jaar se fees bring weer opspraakwekkende, ontluikende en hoogs kreatiewe stemme bymekaar. Dis ’n vier dae lange fees van verskeidenheid ter viering van ons inheemse stories en filmkuns.

Gesinsmoord

Arnold Vosloo (57) sal ook die fees bywoon en ’n praatjie aanbied.

Hy woon reeds dekades lank in Amerika en het naam gemaak in Hollywood-treffers soos The Mummy.

Arnold is te sien in Griekwastad, ’n rolprent oor die gesinsmoord wat die land geskok het. Dit debuteer op die fees.

Die speelfilms wat vanjaar vir die fees-toekennings in aanmerking kom, is:

  • Fiela se Kind
  • Flatland
  • Griekwastad
  • Poppie Nongena
  • Racheltjie de Beer
  • Toorbos

Die kortfilms wat vir die toekennings in aanmerking kom, is:

  • Binnelandse Sake
  • Die Begrafnis
  • Gebles
  • Hoe om ’n Perd te Teken
  • Janneman
  • Lakens
  • Miemie
  • Die Gelykenis
  • Oedipus: Die Musical
  • Rooilug
  • Sussie
  • Swaaibraai
  • Van Nasionale Belang
  • Vinnie + Olga

Die digitale web-episodes wat te sien is, is:

  • Afrikaans 101
  • Deur die Blare
  • Fliektyd
  • Groener

Ander rolprente wat te sien is, sluit in:

Bestaande films:

  • Exorcist of Apartheid
  • Far from the Castle
  • Porselein

Dokumentêre films:

  • Billy Monk – A Shot in the Dark
  • Buddha in Africa
  • Dalene
  • Goldblatt
  • Liyana
  • Sisters of the Wilderness
  • Skeef
  • Stroop
  • The Colour of Wine
  • The Fun’s Not Over
  • The Space: Theatre of Sur­vival
  • Whispering Truth to Power

Speelfilms buite kompetisie:

  • Bhai’s Café
  • Freedom
  • Knuckle City

Kaartjieverkope vir die publiek by Theatre on the Bay in Kampsbaai het Vrydag geopen en dit is ook beskikbaar by Computicket.

Die kaartjiepryse is R175 per dag vir ’n minimum van vyf en ’n maksimum van ag screenings.

Kaartjies kan dan opgetel word by die box office by Theatre on the Bay.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters