26 dae gelede
Fans met phones ’n no-no
streng: Madonna soek nie fans op hulle selfone terwyl sy optree nie. Foto: getty images  ~ 

JY GAAN nie met jou selfoon peuter tydens ’n show van Madonna nie!

Die bekroonde sangeres is vasbeslote om fone te verban tydens haar optrede in Londen. Maar haar fans is moerig oor sy phones heeltemal wil ban en sy moes toe met ’n ander plan vorendag kom.

Die dagblad Mirror berig Madge wil die fone van fans wat haar Madame X-toer bywoon, in ’n Yondr case toesluit soos hulle by die venue inkom. Die cases kan dan net in afgeleë plekke oopgemaak word.

Vir die van ons wat nie weet wat ’n Yondr case is nie, dis die produk van ’n start-up wat probeer om digital addiction hok te slaan.

Die komediant Dave Chappelle was een van die eerste mense wat die Yondr cases gebruik het.

Die Material Girl se fans is glad nie hier vir die phone-free shows nie. Maar dit lyk asof sy dit wel gaan regkry om die gebruik van Yondr cases tydens haar speelvak van 15 dae in Februarie in die London Palladium in te stel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters